Bible Society of South Africa

Genesing vir die pyn van verkragting en misbruik – Dag 2

Anatomie van ʼn verkragting

Bybelteks(te)

2 SAMUEL 13

8Tamar het na haar broer se huis toe gekom terwyl hy op sy bed gelê het. Sy het deeg gevat en geknie en die broodjies voorberei en gebak waar hy dit kon sien. 9Maar toe sy die pan neem en dit vir hom neersit, het Amnon geweier om te eet.

Hy het beveel: “Gaan julle ander almal weg hier van my af.”

Toe hulle weg is, 10het Amnon vir Tamar gesê: “Bring jy die kos hier na die kamer toe sodat ek dit uit jou hand kan eet.”

Tamar het die broodjies wat sy gereed gemaak het, na haar broer in die kamer gebring. 11Net toe sy naby hom kom om hom te laat eet, gryp hy haar vas en sê vir haar: “My suster, kom lê hier by my.”

12“Nee, my broer,” sê sy vir hom, “moet my nie onteer nie, want so iets word nie in Israel gedoen nie. Moet nou nie 'n dwaas ding doen nie. 13Hoe sal ek my skande kan wegsteek? En jý sal in die oë van Israel 'n dwaas wees. Praat liewer met die koning, want hy sal ons toelaat om te trou.”

14Amnon wou nie na haar luister nie. Hy het haar gepak en verkrag. 15Maar daarna het hy haar verag; hy het 'n groot afsku in haar gekry, en sy afsku was baie groter as sy verliefdheid.

Hy het toe vir haar gesê: “Loop!”

16Maar sy sê vir hom: “Moenie die skande wat jy my aangedoen het, vererger deur my weg te jaag nie.”

Hy wou nie na haar luister nie 17en beveel toe sy slaaf wat hom bedien: “Smyt hierdie vroumens uit en sluit die deur agter haar!”

2 SAMUEL 13:8-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Tamar het na haar broer se huis toe gekom terwyl hy op sy bed gelê het. Sy het deeg gevat en geknie en die broodjies voorberei en gebak waar hy dit kon sien. Maar toe sy die pan neem en dit vir  hom neersit, het Amnon geweier om te eet.

Hy het beveel: “Gaan julle ander almal weg hier van my af.”

Toe hulle weg is, het Amnon vir Tamar gesê: “Bring jy die kos hier na die kamer toe sodat ek dit uit jou hand kan eet.”

Tamar het die broodjies wat sy gereed gemaak het, na haar broer in die kamer gebring. Net toe sy naby hom kom om hom te laat eet, gryp hy haar vas en sê vir haar: “My suster, kom lê hier by my.”

“Nee, my broer,” sê sy vir hom, “moet my nie onteer nie, want so iets word nie in Israel gedoen nie. Moet nou nie ʼn dwaas ding doen nie. Hoe sal ek my skande kan wegsteek? En jý sal in die oë van Israel ʼn dwaas wees. Praat liewer met die koning, want hy sal ons toelaat om te trou.”

Amnon wou nie na haar luister nie. Hy het haar gepak en verkrag. Maar daarna het hy haar verag; hy het ʼn groot afsku in haar gekry, en sy afsku was baie groter as sy verliefdheid.

Hy het toe vir haar gesê: “Loop!”

Maar sy sê vir hom: “Moenie die skande wat jy my aangedoen het, vererger deur my weg te jaag nie.”

Hy wou nie na haar luister nie en beveel toe sy slaaf wat hom bedien: “Smyt hierdie vroumens uit en sluit die deur agter haar!”

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS