Bible Society of South Africa
Hennie Symington

Gebed – Dag 9

Ons Vader as ons Pappa

Bybelteks(te)

9“So moet julle bid:

“Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word;

Die woord wat Jesus gebruik vir “vader” is die Aramese woord abba wat letterlik “pappa” of “pappie” beteken. As ons dus die “Ons Vader” bid, praat ons met God op ʼn baie intieme wyse — nie as ʼn vreemdeling nie, maar as nabye familie. Dit is juis hierdie verrassende intimiteit wat Jesus aan sy volgelinge probeer oordra wanneer Hy hulle hierdie gebed leer.

Die benaming “Vader” vertel ons meer van God as skepper, en beskermer wat almagtig en alwetend is, met ʼn onmeetbare mag en gesag wat ver bo ons verstaan is.

Tog, wanneer Jesus die woorde “Ons Vader” gebruik, sê dit nog iets oor ons verhouding met God. Ons is nie slawe of bediendes wat hulle meester dien ter wille van ʼn paar rand nie. Hy stel dit onomwonde dat God ons Vader is.

Die woordjie “Ons” impliseer ook dat God nie net “my” vader is nie, maar almal se vader. Ons kan dus niemand uitsluit uit God se liefdevolle sorg en sommige beskou as “in” en ander as “uit” nie. Dit is vir God in sy groot genade om daaroor te beskik.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS