Bible Society of South Africa
Hennie Symington

Gebed – Dag 13

Derde petisie

Bybelteks(te)

10laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.

MATTEUS 6:10AFR83Maak oop in die Bybelleser

Soms vind ons dit moeilik om opreg te bid dat God se wil moet geskied. Jesus se bloedsweet in die tuin van Getsemane is ʼn illustrasie van hoe ontsettend moeilik dit kan wees om God se wil te doen. Tog plaas Christus hierdie petisie voorop saam met twee ander petisies in die openingsverse van die gebed: “Laat u naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied.”

Hierdie gedeelte van die teks in die oorspronklike Grieks is effens dubbelsinning. Dit kan óf gelees word as “Laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel” óf “Laat u wil geskied in beide die hemel en op aarde”. Miskien het Jesus die gebed so begin om ons harte eerstens op God se koninkryk te vestig sodat ons aktief daarna sal strewe om God se wil op aarde te doen.

Hoe laat God sy koninkryk kom? God kies ons om sy koninkryk ʼn werklikheid op aarde te maak. As ek dus bid: “Laat u koninkryk kom”, nooi ek God as’t ware uit om my as ʼn instrument te gebruik om die koms van die koninkryk deur my geloof en toedoen nader aan mense te bring, hier sowel as daar waar almal sal leef in die vreugde van God se ewige liefde. Wat ʼn salige gedagte dat elkeen van ons ʼn rol kan speel om die koms van die koninkryk waar te maak!

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS