Bible Society of South Africa
Hennie Symington

Gebed – Dag 11

Eerste petisie

Bybelteks(te)

9“So moet julle bid:

“Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word;

ʼn Jood se naam was meer as net ʼn manier om hom/haar fisies te eien; die naam vertel ook iets oor die persoon se geaardheid. In hierdie geval is daar geen twyfel dat die gebed aan God gerig is nie. In die Ou Testament het God se Naam “homself” beteken. God se Naam was beskou as te heilig om uit te spreek en dus is daar in die Hebreeus bloot na Hom verwys as HaShem — “die Naam”.

Wanneer ons vra dat God se Naam geheilig sal word, bid ons dat God self die eerbied en eer wat Hom toekom moet ontvang. Om eer aan God te gee, beteken ook om sy plek as Heerser van die heelal te erken.

Wanneer ons hierdie gebed bid, dan erken ons ook dat God se aard heilig en anders is as ons sʼn. Dit moedig ons aan om in die voetspoor van ons Skepper te loop terwyl ons heiligheid in ons eie lewens nastreef. Oordink die karakter van God en vra op watter wyse jy sy Naam kan verheerlik.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS