Bible Society of South Africa
Xanthe Hancox

Die rol van bome in die Bybel – Dag 11

Die sipresboom — ʼn volmaakte tuiste

Bybelteks(te)

PSALMS 104

16Die bome van die Here kry volop reën,

die seders op die Libanon, dié wat Hy geplant het,

17waar die voëls hulle neste maak,

en die reier sy huis in die boomtoppe bou.

18Die hoë berge is 'n tuiste vir die klipbokke,

die rotse is 'n skuilplek vir die dassies.

PSALMS 104:16-18AFR83Maak oop in die Bybelleser

Psalm 104 is ʼn lofpsalm wat die glorie van God besing en vertel hoe Hy vir sy skepping voorsien, ook vir die ooievaar.

Die naam van die ooievaar in Hebreeus beteken “heilig” en “vriendelik” en is afgelei van die wonderlike manier hoe ooievaars vir hulle kleintjies omgee. Die wonderlike ouerskap van ooievaars plaas die sipresboom van Psalm 104 in ʼn ander lig, want vir ʼn ooievaar wat na haar kleintjies omsien, sal net die veiligste boom goed genoeg wees om ʼn tuiste in te skep.

Dit is vreemd dat die ooievaar volgens die seremoniële wette (Levitikus 11:19) onrein is en die Israeliete verbied word om hierdie voël te eet. As Christene is ons egter net soos hierdie ooievaar in die sipresboom. Ons is van nature onrein, maar deur die genade van God is dit vir ons moontlik om deur die geloof ons tuiste in Christus te maak. In Hosea 14:9 praat God met Israel en sê: “Ek is soos ʼn sipresboom wat altyd groen blare het. Dit is Ek wat julle sal laat lewe.”

Christus is ons sipresboom, ons volmaakte tuiste, en in Hom het ons alles wat ons nodig het.

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS