Bible Society of South Africa

Verlange na God – Dag 251

Bybelteks(te)

Onderrig oor die gebed

1Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, 2vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid. 3So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser, 4wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.

1 TIMOTEUS 2:1-4AFR83Maak oop in die Bybelleser

Gebed: die verstommende voorreg om met God te praat. Hierdie voorlesings sluit in gebede van verlange en klaagliedere, Jesus se lering oor gebed, en van die mees geliefde gebede in die Bybel.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS