Bible Society of South Africa

Verlange na God – Dag 245

Bybelteks(te)

18Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, 19en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag 20wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: 21hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom.

EFESIËRS 1:18-21AFR83Maak oop in die Bybelleser

Gebed: die verstommende voorreg om met God te praat. Hierdie voorlesings sluit in gebede van verlange en klaagliedere, Jesus se lering oor gebed, en van die mees geliefde gebede in die Bybel.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS