Bible Society of South Africa

Hoop in lyding – Dag 213

Bybelteks(te)

16-17En mag julle in al die goeie wat julle in woord en daad doen, bemoedig en gesterk word deur ons Here Jesus Christus en God ons Vader. Hy het aan ons sy liefde bewys en aan ons deur sy genade 'n blywende troos en goeie hoop gegee.

2 TESSALONISENSE 2:16-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Lyding is ‘n werklikheid in ‘n gebroke wêreld. Die Skrif erken hierdie werklikheid, maar wys ons op die transformerende teenwoordigheid van God in ons lewens, ongeag ons omstandighede, en die woorde van hoop wat hy oor ons wêreld spreek.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS