Bible Society of South Africa

God se woonplek – Dag 174

Bybelteks(te)

13Een van die ouderlinge vra toe vir my: “Hierdie mense met die wit klere aan, wie is hulle en waar kom hulle vandaan?”

14“Ek weet nie, Meneer,” sê ek vir hom, “maar ú weet.”

Hy sê toe vir my: “Dit is dié wat uit die groot verdrukking kom. Hulle het hulle klere gewas en dit wit gemaak in die bloed van die Lam. 15Daarom is hulle voor die troon van God en dien hulle Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal by hulle bly.

DIE OPENBARING 7:13-15AFR83Maak oop in die Bybelleser

Meditasies oor die stigting en groei van die kerk: die liggaam van Christus, wat die waarheid van die evangelie uitsteek, oor die hele wêreld versprei, gereeld onderdruk en swaarkry, maar seker in die hoop op ‘n nuwe hemel en aarde.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS