Bible Society of South Africa

Die Boek van die Lewe – Dag 254

Bybelteks(te)

89U woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel.

90U trou is van geslag tot geslag;

U het die aarde gemaak, en dit staan vas.

91Ja, wat U bepaal het, staan vandag nog vas,

alles is aan U onderworpe.

92As ek my nie in u wet verlustig het nie,

het ek omgekom in my ellende.

93Ek sal u bevele nooit verontagsaam nie,

want deur hulle het U my in die lewe gehou.

PSALMS 119:89-93AFR83Maak oop in die Bybelleser

‘n Reeks lesings wat die skoonheid en krag van God se woord verklaar.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS