Bible Society of South Africa

40 Dae Avontuur – Dag 22

WEEK 4 - God is by ons met sy beskerming en oorwinning, reg deur ons lewe tot in ewigheid

Bybelteks(te)

As die Here ons nie gehelp het nie

1'n Pelgrimslied. Van Dawid.

As die Here ons nie gehelp het nie,

dit moet Israel bely,

2as die Here ons nie gehelp het

toe mense ons aangeval het nie,

3dan het hulle ons lewendig verslind

toe hulle woede teen ons ontvlam het;

4dan het die waters ons weggespoel

en die vloed ons oorweldig;

5dan het die skuimende waters ons oorweldig.

6Aan die Here kom die lof toe:

Hy het nie toegelaat dat ons hulle prooi word nie.

7Ons is bevry soos 'n voël uit die wip van 'n voëlvanger;

die wip het gebreek en ons was vry!

8Ons hulp kom van die Here

wat hemel en aarde gemaak het.

Die Here beskerm sy volk

1'n Pelgrimslied.

Dié wat op die Here vertrou,

is soos Sionsberg

wat nie wankel nie

en altyd vas bly staan.

2Soos die berge Jerusalem aan alle kante beskerm,

so beskerm die Here sy volk,

nou en vir altyd.

3Oor die grondgebied van die regverdiges

sal 'n goddelose nie die mag kry nie,

sodat die regverdiges nie in misdaad verval nie.

4Here, doen goed aan dié wat goed is,

die opregtes van hart!

5Maar dié wat die verkeerde pad loop,

mag die Here hulle vernietig

saam met dié wat onreg doen.

Mag daar vir Israel vrede wees!

PSALMS 124-125AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS