Bible Society of South Africa

Luther se vertaling

Die werk van die hervormer Martin Luther was uiters invloedryk ten opsigte van die ontwikkeling van Bybelvertalings.

Vertaling uit die bronteks

Voor Luther was alle vertalings gebaseer op die Latynse vertaling deur Hieronimus, naamlik die Vulgaat. Die Vulgaat was “dié” Bybel van die Christendom in die Weste. Na Hieronimus was Luther die eerste persoon om ʼn vertaling uit die Hebreeuse en Griekse brontekste te onderneem.


In 1522 word sy vertaling van die Nuwe Testament in Duits gepubliseer. Die boek het ʼn storm ontketen. Die eerste uitgawe van ongeveer 3 000 kopieë was binne twee maande uitverkoop. Ná die Nuwe Testament het Luther ook die Ou Testament in samewerking met Philipp Melanchton vertaal. Dit is vanaf 1523 in gedeeltes gepubliseer totdat dit in 1534 voltooi is.

Taalgebruik

Luther se vertaling is bekend vir die taalgebruik. Hy wou die Bybel toeganklik maak vir gewone mense, en daarom het hy gekies om “egte Duits” in plaas van bybelse taal te gebruik.


In ʼn brief oor sy vertaalwerk, gee Luther die volgende voorbeeld. Duitsers sê nie: “Uit die oorvloed van die hart praat die mond” nie. Dit sou verspot wees om so iets te sê. Duitsers sou sê: “Waar die hart van vol is, loop die mond van oor”. Dit is hoe Lukas 6:45 volgens Luther vertaal moet word (soos in die Afrikaans 1983-vertaling).


Luther het die weg gebaan met hierdie soort taalgebruik. Die Afrikaans 1933/1953-vertaling, wat heelwat later verskyn het, is ʼn meer “letterlike” weergawe. Dit het weer tot Bybeltaal gelei en nie natuurlike taalgebruik nie.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS