Bible Society of South Africa

Erasmus se uitgawe van die Nuwe Testament

Luther het die uitgawe van die Griekse bronteks deur Erasmus vir sy vertaling van die Nuwe Testament gebruik.

Terug na die bronne

Luther se vertaling van die Bybel is in ʼn sekere sin deur die humaniste voorberei. Hulle het teruggekeer na die bronne — en terug na die bybelse bronne: die Hebreeuse Ou Testament en die Griekse Nuwe Testament. Dit het beteken dat geleerdes menige tekste in hulle oorspronklike vorm begin publiseer het.

Die Nuwe Testament van Erasmus

Erasmus het ook teruggekeer na die bronteks en gevolglik het hy in 1516 die Nuwe Testament in Grieks gepubliseer; hierdie deel van die Bybel het weer bekend geword in sy oorspronklike taal. Hy het ook ʼn Latynse vertaling van die Griekse teks gedoen. Dit het opslae veroorsaak: vir die eerste keer is die gesag van die Vulgata aangetas.
Erasmus se vertaling het, na die Vulgata, die mees algemene Latynse vertaling van die Bybel geword.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS