Bible Society of South Africa

Lapis Lazuli

Lapis lazuli (lasuursteen) is ʼn ondeursigtige, diepblou edelsteen. In Openbaring 21:19 is dit een van die stene wat vir die nuwe Jerusalem gebruik word. Daar is onsekerheid oor die kleure en die identifikasie van edel- en halfedelstene, en vroeëre benamings stem nie altyd ooreen met huidige identifikasies en benamings nie. Die Hebreeuse woord

sappir

verwys na lauursteen (lapis lazuli). Dit is in die Septuaginta (Griekse vertaling van die Ou Testament) getranslitereer tot

sapfeiros

en in die Latynse Vulgaat tot

sapphirus

. So het die getranslitereerde vorm in ou en ook meer moderne vertalings sy beslag gekry. 

Verwante Bybelgedeeltes

13.16 DIE OPENBARING 21.19

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS