Bible Society of South Africa

Huis in die Nuwe Testament

In Nuwe Testamentiese tye is huise dikwels rondom ʼn binnehof gebou. Hierdie huise was dikwels net een verdieping hoog. In stede was daar dikwels wooneenhede, terwyl huise in die platteland losstaande was. Ryker mense sou ʼn villa laat bou wat deur Romeinse boukonvensies geïnspireer is.


Boumateriale

Die boumateriale wat gereeld gebruik is, was natuurlike klippe en stene wat uit gedroogde klei gemaak is. Die materiaal wat gebruik is, het afgehang van wat in die betrokke streek beskikbaar was.


Huise in Galilea en die Golan is meesal met basaltstene gebou, terwyl huise in die heuwels van kalksteen gemaak is. Daar waar klei volop was, dws in die laaglande en die valleie, is die meeste huise van kleistene gebou en dan gepleister.


Die dak is van hout gemaak. Die vloere was vasgestampte grond, wat soms met plat klippe harder gemaak is.


Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS