Huis in die Nuwe Testament
In Nuwe Testamentiese tye is huise dikwels rondom ʼn binnehof gebou. Hierdie huise was dikwels net een verdieping hoog. In stede was daar dikwels wooneenhede, terwyl huise in die platteland losstaande was. Ryker mense sou ʼn villa laat bou wat deur Romeinse boukonvensies geïnspireer is.
Boumateriale
Die boumateriale wat gereeld gebruik is, was natuurlike klippe en stene wat uit gedroogde klei gemaak is. Die materiaal wat gebruik is, het afgehang van wat in die betrokke streek beskikbaar was.
Huise in Galilea en die Golan is meesal met basaltstene gebou, terwyl huise in die heuwels van kalksteen gemaak is. Daar waar klei volop was, dws in die laaglande en die valleie, is die meeste huise van kleistene
Die dak
Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: