Bible Society of South Africa

Die Kanaänitiese godsdiens

Die Kanaäniete het verskeie gode aanbid waarvan die belangrikste El, Baäl, Anat, Astarte en Asjera was.

ʼn Goeie verhouding met die gode

Vrugbaarheid speel ʼn belangrike rol in die Kanaänitiese godsdiens. Die gode kon ʼn ryk oes, ʼn magdom vee en ʼn groot aantal kinders voorsien. Daarom was dit belangrik om ʼn goeie verhouding met die gode te handhaaf, ten einde die kanse te verbeter dat die gode tevrede is met die aanbidder en seker te maak dat dit goed gaan met hom of haar.

Ugaritiese tekste

Ons kennis van die Kanaänitiese godsdiens kom hoofsaaklik van die Ras Sjamra-inskripsies. Dit is tekste uit die tweede millennium voor Christus wat in spykerskrif geskryf is. Dit is in 1929 in die stad Ras Sjamra in Noordwes-Sirië ontdek. In die antieke tye was dit waar die stad Ugarit geleë was.


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS