Bible Society of South Africa

Asjera

Asjera is die naam van ʼn Kanaänitiese godin wat in ʼn groot gebied van die Ou Nabye Ooste aanbid is. In die Ou Testament word die Hebreeuse woord Asjera ook dikwels gebruik om te verwys na ʼn houtpaal wat die godin verteenwoordig het.

Asjera in mitologie

In die antieke Babiloniese era was Asjera na bewering die vrou van die Amoritiese god Amurru. In Ugarit was sy die vrou van El, die oppergod. Sy was die moeder van 70 gode, wat Baäl ingesluit het.

Inskripsies

In Israel is verskeie inskripsies gevind wat melding maak van Asjera. Daardie inskripsies praat van “JHWH en sy Asjera”. Waarskynlik is Asjera soms gesien as die vrou van JHWH en op daardie wyse aanbid. Haar rol sou dan ingesluit het om vir die volk van JHWH in te tree.

Die Asjerapaal

Ons weet ook uit die Ou Testament van Asjera. Asjera word as die naam van ʼn godin genoem, maar dikwels verwys die woord Asjera na ʼn houtpaal wat die godin verteenwoordig het. Sulke Asjerapale is vermoedelik ʼn vaste voorwerp by die plaaslike offerplekke in Israel waar die gode aanbid is. Soms is Asjera naas die God van Israel aanbid, en soms naas Baäl. Hierdie godsdienstige praktyke word in die Bybel gekritiseer.

Asjera en die val van Israel en Juda

Die tekste in die Ou Testament wat Asjera vermeld, staan baie negatief teenoor die aanbidding van die godin. Deur Asjera te aanbid, het die Israeliete na bewering bygedra tot die ondergang van die noordelike ryk van Israel en die suidelike ryk van Juda (sien bv 2 Konings 17:16).

Verwante Bybelgedeeltes

2 KONINGS 23 RIGTERS 6

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS