Bible Society of South Africa

Heiligheid in die Nuwe Testament

Terwyl “heiligheid” in die Ou Testament dikwels betrekking het op die aanbidding van God met vaste rituele wat daarmee verband hou, word die begrip in die Nuwe Testament toenemend toegepas op die geestelike en morele sfeer. Christene word “heiliges” genoem, en om heilig te lewe is inherent aan hulle geloof, ʼn lewe in ooreenstemming met die morele en etiese waardes van Hellenistiese Judaïsme. Die heiligheid van God, wat so ʼn belangrike rol in die Ou Testament speel, kom ook sterk na vore in die Nuwe Testament.

Terminologie

Die Griekse woord vir “heilig” in die Nuwe Testament is

hagios

. In die Septuaginta is

hagios

die vertaling van die Hebreeuse

qadosj

, wat “heilig” beteken. Verskillende woorde is van

hagios

afgelei, soos

hagiazo

(“om heilig te maak”) en

hagiasmos

(“heiligheid”).

Heiligheid in afsonderlike dele van die Nuwe Testament

Aangesien heiligheid op spesifieke maniere in verskillende dele van die Nuwe Testament uitgelig word, word hierdie onderwerp in meer besonderhede in drie afsonderlike artikels bespreek:

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS