Bible Society of South Africa

Die gesalfde in die Ou Testament

In die Ou Testament word die woord “gesalfde” of “messias” (in Hebreeus: masjiach) as ʼn titel gebruik. Die koning van Israel is veral beskou as die “gesalfde”.

Deur God uitgekies

Die salwing van ʼn persoon was ʼn teken dat hy deur God uitgekies is vir sy taak (sien byvoorbeeld Psalm 2:2). ʼn Koning wat gesalf is, het ʼn noue verhouding met God. God se Gees rus op hom en hy regeer in die Naam van God. Dit is sy verantwoordelikheid om die ideaal van God se koninkryk te verwesenlik.

Nog mense wat in die Ou Testament gesalf is, sluit in:

Die Messias as simbool

Ná die Babiloniese ballingskap wat in 586 v.C. begin het, het die ware konings in Juda verdwyn. Daarna het die koningskap geïdealiseerd geraak. Dit het ʼn simbool geword van die verwagting van verlossing:

  • Die term “messias” is toe selfs gebruik vir die Persiese koning Kores wat God nie eers geken het nie (Jesaja 45:1-7). Hy word voorgehou as die herder (Jesaja 44:28) wat Israel moet beskerm.
  • In verskeie Ou Testamentiese profesieë (byvoorbeeld Jesaja 11:1-9) word gepraat van die hoop op ʼn nuwe tyd. ʼn Nakomeling van Dawid speel ʼn belangrike rol in hierdie tekste. Hy sal, as die ware koning, vrede in God se Naam bring.

Die klem in hierdie tekste is op die messiaanse ideaal wat Dawid en sy opvolgers nooit kon verwesenlik nie, en minder op die konkrete historiese persoon wat hierdie ideaal moet verwesenlik.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS