Bible Society of South Africa

Siekte en genesing in Jesus Sirag

In bybelse tye was baie mense agterdogtig teenoor dokters. Die Joodse geleerde, Jesus Sirag, dra ʼn ander boodskap oor. Vir hom is siekte die gevolg van ʼn persoon se sonde teen sy Skepper, maar ʼn siek persoon moet steeds na ʼn dokter toe gaan vir genesing.

Sirag 38

Sirag het ʼn verhandeling geskryf oor die raadpleging van dokters (sien Sirag 38). Hy raai sy dissipels aan om respek teenoor geneeshere te betoon aangesien hulle vermoë om te genees ʼn gawe van God is. Volgens hom sorg God dat die natuur geneesmiddels voortbring in die vorm van genesende kruie, en gee God mense ook die kennis om siekes daarmee gesond te maak. Die apteker maak medisyne van kruie en die geneesheer dien dit toe om die pyn weg te neem. Beide pasiënt en geneesheer moet tot God bid vir genesing, maar weens die doeltreffendheid van die natuurlike produkte sal genesing plaasvind. 

Verwante Bybelgedeeltes

38

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS