Bible Society of South Africa

Materiaal (vervaardiging)

Die vervaardiging van materiaal vir klere was gewoonlik vroue se werk. In Spreuke 31:19 word van “ʼn knap vrou” gesê: “Sy werk met die spinwiel, haar hande bly besig met die weefstoel.” In Spreuke 31:24 lees ons dat vroue die materiaal hoofsaaklik vir eie gebruik in hulle huise gemaak het, maar soms het hulle dit ook verkoop.



Spinwerk en weefwerk is meestal tuis gedoen. 2 Konings 23:7 vertel ons egter dat daar vroue in die tempel was wat klere vir die beelde van die godin Asjera moes maak.



Daar was ook mans wat geweef en met materiaal gewerk het, byvoorbeeld materiaal vir die versiering van die tabernakel. Spinwerk is as vrouewerk beskou.

Roumateriale 

Die algemeenste bron vir die vervaardiging van materiaal was skaapwol. Vlas is ook gebruik om linne te vervaardig. Ander materiale het ingesluit hennep, bokhaar en kameelhaar.



Sy word in Esegiël 16:10-13 en Openbaring 18:12 genoem. Die vertaling van die woord in Esegiël is omstrede, aangesien dit onwaarskynlik is dat sy in daardie tyd in die Middellandse gebied bekend was.

Vervaardiging

Die vervaardiging van materiaal het uit verskillende stappe bestaan:

  • Die bymekaarmaak van vesels.
  • Die skoonmaak van die vesels. Vlas se harde, buitenste dop moes verwyder word. Wol is eers gewas en dan gekam of gekaard om dit effens los te maak. 
  • Die spin van die vesels tot garing.
  • Die kleur van die garing. Dit is soms gedoen voordat gespin of geweef is.
  • Die weef van die garing tot materiaal.
  • Die afronding van die materiaal deur ʼn lagie klei, water en urine by te voeg. Dit is volling genoem en die doel daarvan was om die materiaal digter en sterker te maak. Laastens is die materiaal gewas.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS