Bible Society of South Africa

Siekte

Allerhande verskillende siektes en gestremdhede word in die Bybel vermeld: gebreklikheid, blindheid, doofheid, verskeie velaandoenings (soos die Hebreeuse tzaraath), koors, ens. In werklikheid moes die aantal siektes in die wêreld van die Bybel baie meer gewees het, aangesien daar nie in die antieke wêreld soveel aandag aan gesondheidsorg gegee is nie.

Oorsake

In antieke tye het mense aanvaar dat siektes deur magte buite hulself veroorsaak is. Dit kon ander mense gewees het, maar ook duiwels of gode.


In die Bybel word siektes ook soms beskou as ʼn straf van God. Om beter te word, moes die siek persoon met God versoen word.

Genesing 

Ons weet nie presies hoe mense siektes probeer behandel het nie. Wonde is met olie, wyn, gedroogde vye en balsem behandel. Die barmhartige Samaritaan het byvoorbeeld wyn en olie gebruik om die wonde van die man wat deur die rowers aangeval is, te behandel (Lukas 10:34).


Naäman moet homself drie maal in die Jordaanrivier gaan was (2 Konings 5:13-14) om genees te word, en Hiskia is genees toe droë vye op sy wonde gesit is (2 Konings 20:1-11).

Dokters

Daar was wel dokters, maar hulle kon gewoonlik nie hul belofte nakom om mense gesond te maak nie. Hulle is dikwels as bedrieërs beskou. Jeremia betreur spottenderwys die feit dat sy volk nie genees word nie, hoewel daar baie dokters in Gilead is (Jeremia 8:22 – 9:6). Die feit dat ʼn koning om hulp aangeklop het by kwakke en leuenaars, kon gesien word as ʼn gebrek aan geloof in God (2 Kronieke 16:12).


By die Joodse geleerde Jesus Sirag kry ons ʼn ander siening. Vir hom is dit duidelik dat siekte veroorsaak word deur die mens wat teen sy Skepper sondig, maar hy is tog van mening dat siek mense na ʼn dokter toe moet gaan om genees te word. Sirag het ʼn hele verhandeling geskryf oor die besoek aan dokters (sien Sirag 38 en siekte en genesing deur Jesus Sirag).

Verhale oor siekte

In beide die Ou Testament en die Nuwe Testament is daar verhale oor siekte. Voorbeelde uit die Ou Testament is:

In die Nuwe Testament is dit hoofsaaklik Jesus wat mense gesond maak:

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS