Bible Society of South Africa

Regte van die eersgeborene (die eersgeboortereg)

Die oudste seun het ʼn dubbele deel van die erfenis ontvang — dit word die geboortereg of die eersgeboortereg genoem.

Spesiale regte en verantwoordelikhede

Die oudste seun het spesiale regte en verantwoordelikhede gehad ten opsigte van sy familie. Hy het ʼn dubbele deel van die erfenis gekry, soos ons onder andere in Genesis 25:30-33 lees. Hy was ook die eerste persoon wat verantwoordelik was vir familiesake, soos vir die materiële versorging van die familie, of om wraak te neem (sien bloedwraak).

Afgesonder vir God

Ook vir die diere was die oudste spruit spesiaal. Die eerste spruit van beeste, skape en bokke is vir God eenkant gesit. Hulle kon vir sewe dae by die ma bly, maar op die agtste dag is hulle geoffer. Volgens Eksodus 13:11-16 het dit ook gegeld van die oudste seuns. Maar vir hulle is ʼn bedrag geld aan die priester betaal. Hierdie wyding van die eersgeborene aan God was ʼn herinnering aan die bevryding uit Egipte. Gedurende daardie tyd het God die eersgeborenes van mens en dier in Egipte doodgemaak.

Die volk Israel as eersgeborene

Die volk Israel word soms die eersgeborene van God genoem. Dit dui ook op die spesiale status van die volk.
Jesus word ook verskeie kere die eersgeborene in die Nuwe Testament genoem. Hy is die eersgeborene van al sy broers en susters (Romeine 8:29) en van die skepping (Kolossense 1:15).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS