Bible Society of South Africa

“Uitverkies” in die Nuwe Testament

Die begrip “uitverkies” kom op twee verskillende maniere in die Nuwe Testament voor:

  • Eerstens met betrekking tot Jesus. Van Hom word gesê dat Hy God se uitverkose Seun is en dat Hy ʼn besondere rol het om te vervul.
  • Tweedens met betrekking tot die gelowiges. Hulle is uitverkies om aan Jesus te behoort. 

Jesus as die dienaar van die Here

In die Nuwe Testament word die gedagte van die uitverkore “dienaar van die Here” (soos in Jesaja 49:6) op Jesus van toepassing gemaak. Hy is “die Christus wat deur God uitverkies is” (Lukas 23:35), en “die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is, maar deur God vir die ereplek uitverkies is” (1 Petrus 2:4).

Gelowiges as uitverkorenes

In Paulus se teologie is dit die gelowiges wat “uitverkies is” (1 Tessalonisense 1:4). Hieruit kan afgelei word dat die ongelowiges “verwerp” is en daarom “verlore sal gaan”. Dit het later gelei tot die predestinasieleer in die Christelike kerk — ʼn leerstelling wat groot verdeeldheid veroorsaak het.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS