Die nagmaal
In die vroeë kerk is die nagmaal ʼn liturgiese maaltyd wat gegrond is op Jesus se laaste maaltyd saam met sy 12 dissipels aan die vooraand van sy dood. In die Bybel word verskillende woorde gebruik vir die nagmaal:
- “die gemeenskaplike maaltye” (sien Handelinge 2:42
); - “die nagmaal” (sien 1 Korintiërs 11:20
); - “die maaltyd” (sien 1 Korintiërs 11:25
).
Jesus en maaltye
In die Evangelies speel maaltye ʼn belangrike rol. Jesus eet byvoorbeeld aandete saam met ʼn Fariseër
Betekenis van die nagmaal
Jesus se naderende dood gee sy laaste maaltyd ʼn besondere betekenis. Jesus sê vir sy dissipels dat hulle verbintenis met Hom nie met sy dood sal eindig nie. Die brood en die wyn wat Hy aan sy dissipels gee, simboliseer sy liggaam en sy bloed. Albei is ʼn simbool van sy lewe wat Hy aan die kruis opoffer.
Jesus roep sy dissipels op om voort te gaan om hierdie maaltyd in sy Naam te vier as ʼn voorafskaduwing van die koninkryk van God
ʼn Gewone maaltyd
Die eerste Christene het gewoonlik die nagmaal met ʼn gewone maaltyd gekombineer. Sodoende het gelowiges gewys dat hulle ʼn soort familie was en dat hulle bymekaar gehoort het. Maar dit het probleme veroorsaak, sien byvoorbeeld 1 Korintiërs 11:17-34
Verskillende uitdrukkings
In die Christelike kerke word verskillende uitdrukkings vir die nagmaal gebruik. In Protestantse kerke praat mense van “nagmaal”. In die Katolieke Kerk noem mense die maaltyd “die eucharistie”. Eucharistie beteken “danksegging”; dit spruit voort uit die gebed van danksegging wat voor die aanvang van die maaltyd gebid word.
Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: