Bible Society of South Africa

Apokaliptiese literatuur: Twee wêreldordes

In die apokaliptiese literatuur staan twee wêreldordes teenoor mekaar – die huidige wêreldorde en die toekomstige wêreldorde:

  • Die huidige wêreldorde word beskryf as boos en korrup. Diegene in beheer is die verpersoonliking van boosheid op die aarde en die goeie magte beleef swaar tye.
  • Die toekomstige orde is presies die teenoorgestelde. Sodra die kwaad uitgeroei is, sal God regeer en die goeie mense sal gelukkig voortlewe.

Die ommekeer van die bose wêreldorde na God se goeie wêreldorde sal plaasvind as gevolg van God se magtige ingrype. Maar voor daardie tyd aanbreek, sal die boosheid eers ʼn hoogtepunt bereik.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS