Bible Society of South Africa

Christendom en Judaïsme

Jesus en sy eerste dissipels was Jode wat die Joodse geloof aangehang het, en voortgegaan het daarmee. Hierdie feit is baie belangrik vir die Christelike geloof, soos die apostel Paulus sê. Maar Paulus het beklemtoon dat nie-Jode ook heeltemal gelykwaardige volgelinge van Jesus kan wees.

Ooreenkomste tussen Christendom en Judaïsme

Die Christendom sentreer rondom die spesiale betekenis van die lewe en leer van Jesus, maar al die elemente waaruit dit bestaan, het hulle oorsprong in Judaïsme:

  • die Hebreeuse Bybel (die Ou Testament, wat die grootste deel van die Christelike Bybel uitmaak);
  • geloof in God;
  • geloof in God se goeie skepping;
  • die etiek van respek en liefde vir medeskepsels;
  • aanbiddings wat die voorlees van die Bybel, danksegging en gebed insluit;
  • die simboliese maaltyd.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS