Bible Society of South Africa

Christene

“Christene” (christianoi in Grieks) is die naam wat aan die volgelinge van Jesus Christus gegee is. Die woord word slegs drie keer in die Nuwe Testament gebruik. Dit is moontlik dat dit as ʼn neerhalende spotnaam begin het wat deur nie-Christene gebruik is, en later as ʼn positiewe naam deur die Christelike gemeenskap aanvaar is. 

Handelinge oor “Christene”

Volgens Handelinge 11:26 het die naam halfpad deur die eerste eeu n.C. in Antiogië ontstaan. In Handelinge 9:2 word volgelinge van Jesus “aanhangers van die leer van die Here” genoem. In Handelinge 26:28 gebruik koning Agrippa ook die woord “Christen” in ʼn gesprek met Paulus:

“Jy dink seker jy kan my gou-gou ʼn Christen maak.”

Romeinse bronne

Die term “Christen” word ook genoem in Romeinse tekste. Plinius die Jongere (Briewe 10.96) en Tacitus (Annale 15.44) gebruik die Latynse woord christianos om volgelinge van Jesus aan te dui.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS