Bible Society of South Africa

Barmhartigheid in die Nuwe Testament

Die Nuwe Testament werp ʼn nuwe lig op die Ou Testamentiese idee van barmhartigheid. God se barmhartigheid beteken in die eerste plek dat Hy mense deur Jesus Christus verlos.

God se barmhartigheid

In die Ou Testament is barmhartigheid God se liefdevolle trou aan die volk van sy verbond. Dit is hoe die Nuwe Testament dit oordra (sien bv Lukas 1:50; Romeine 9). Volgens sommige teksgedeeltes is die kerk nou God se uitverkore volk, maar God se liefde vir daardie volk het dieselfde gebly (sien 1 Petrus 1:3). Hierdie liefde vind veral uitdrukking daarin dat God mense deur sy Seun, Jesus Christus, verlos (sien Romeine 11:30-32).

Jesus se barmhartigheid

In die Bybelgedeeltes waar Jesus mense sien wat siek is of swaarkry, word ons soms vertel dat “Hy hulle innig jammer gekry het”: Hy het medelye (sien bv Matteus 9:36; Matteus 14:14). Daardie gevoel van medelye gee daartoe aanleiding dat Jesus barmhartig optree: Hy bring genesing of vergifnis (sien bv Matteus 20:34).

Menslike barmhartigheid

Soos in die Ou Testament het barmhartigheid in die Nuwe Testament ook ʼn menslike aspek: dit gaan oor omgee vir jou naaste. Mense behoort barmhartig teenoor mekaar te wees, net soos God barmhartig is teenoor hulle (Lukas 6:36).

 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS