Bible Society of South Africa

Die opstanding van Jesus: Verskynings

Die oudste beskrywing van ʼn verskyning van Jesus word aangetref in die brief van Paulus aan die gemeente in Korinte. Die beskrywing wat hy daar gee, was grotendeels reeds aan die gemeente bekend. Dit is opvallend dat Paulus nie praat van ʼn leë graf of oor die liggaamlikheid van die opgestane Jesus nie.

Die oudste beskrywing van ʼn verskyning van Jesus

In Paulus se brief aan die gemeente in Korinte vind ons die eerste weergawe van die verskynings van Jesus. Hierdie weergawe was waarskynlik reeds bekend in die Grieks-Romeinse gemeenskap van sy tyd. In 1 Korintiërs 15:3-5 lees ons:


“Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf.”

Die derde dag

Die opstanding op die “derde dag” is hoofsaaklik bedoel as ʼn teologiese stelling, aangesien opstanding op die derde dag ʼn bekende motief in Joodse literatuur is. ʼn Mens kan byvoorbeeld dink aan die teks in Hosea 6:2:



“Hy sal ons na twee dae ʼn nuwe lewe laat begin. Hy sal ons op die derde dag weer krag gee sodat ons in sy teenwoordigheid kan leef.”

Die liggaamlikheid van die verskyning van Jesus

In 1 Korintiërs 15:3-5 word die woord “verskyn” gebruik. Hierdie woord het ʼn algemene betekenis; dit vertel ons niks oor die manier waarop Jesus verskyn het nie. Dieselfde woord word in die Septuaginta vir die verskyning van die Here, die verskyning van engele, maar ook vir visioene en profetiese drome gebruik. Uit ander gedeeltes, soos byvoorbeeld 1 Korintiërs 15:44, is dit egter duidelik hoe Paulus dit verstaan het. Volgens hom het Jesus in ʼn geestelike liggaam verskyn. Sy prentjie verskil van dié van die latere evangeliste, Lukas en Johannes, wat juis die liggaamlikheid van Jesus beklemtoon.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS