Bible Society of South Africa

Agrippa

Koning Agrippa II is die seun van Herodes Agrippa I en ʼn agterkleinkind van Herodes die Grote. Hy het vanaf 48 tot ongeveer 93 n.C. regeer.

Koning Agrippa II

Agrippa II erf die koningstitel van sy vader Herodes Agrippa I. Die Romeine gee hom die reg om die hoëpriester aan te stel.
Vanaf 48 tot 52 n.C. is Agrippa II koning van Chalcis, wat ʼn gebied in die hedendaagse Libanon is. In 53 n.C. gee keiser Claudius aan hom die streke ten noordooste van die See van Galilea in ruil vir Chalcis.

Eerste Joods-Romeinse oorlog

Dit is onduidelik presies wanneer die regering van Agrippa II geëindig het. Ons weet dat Agrippa II met die uitbreek van die eerste Joods-Romeinse oorlog in 66 n.C. in Aleksandrië was. Tydens die oorlog skaar hy hom by die Romeine. As gevolg van sy houding beloon die Romeine hom ná die opstand met die uitbreiding van sy gebied. Agrippa II het waarskynlik in 92 of 93 n.C. gesterf.

Paulus

Agrippa II word in die Nuwe Testament in Handelinge 25:13 – 26:32 genoem. Daar staan dat Agrippa II vir Paulus ontmoet het toe hy en sy vrou, Bernice, besoek afgelê het by die prokurator Festus in Sesarea.

Ná die gesprek sê Agrippa II aan Festus dat Paulus verkeerdelik in die tronk gestop is. Volgens hom kon Paulus vinniger vrygelaat gewees het, as dit nie was dat hy hom op die keiser beroep het nie (Handelinge 26:32).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS