Bible Society of South Africa

Argelaos

Argelaos is een van Herodes die Grote se seuns. Na die dood van sy vader ontvang Argelaos die beheer oor Judea, Samaria en Idumea. Argelaos is vanaf 4 v.C. tot 6 n.C. heerser oor hierdie gebiede.

Afgesit en verban

Argelaos was besonder ongewild omdat hy met ʼn ysterhand regeer het. ʼn Afvaardiging van belangrike Jode en Samaritane kla oor hom by keiser Augustus. In reaksie hierop raak die keiser van Argelaos ontslae en verban hom na Gallië.

Hierna word Judea ʼn Romeinse provinsie wat deur ʼn prefek bestuur is.

Nuwe Testament

Argelaos word slegs een keer in die Nuwe Testament, in Matteus 2:22, vermeld. Daar staan dat Josef en Maria met Jesus uit Egipte na die land van Israel wil terugkeer, maar toe hulle hoor dat Argelaos sy vader as koning van Judea opgevolg het, is hulle bang om terug te gaan. Hulle besluit om eerder na Galilea te gaan en hulle in die dorpie Nasaret te vestig.

Verwante Bybelgedeeltes

MATTEUS 2.22

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS