3 Johannes: Outeurskap en datering
Dit is nie seker of die apostel Johannes die outeur van 3 Johannes is nie. Die brief is waarskynlik omstreeks 100 n.C. geskryf.
Outeurskap
TDie drie geskrifte wat bekend staan as die briewe van Johannes het hulle oorsprong uit dieselfde sirkel as die Evangelie volgens Johannes
3 Johannes is geskryf deur ’n gesagsfiguur in die “Johannese” gemeentesirkel. Die outeur verwys na homself as die “oudste”. Die brief word toegeskryf aan die apostel Johannes, hoewel die naam van die skrywer nie in die teks vermeld word nie. Soos in die geval met die Evangelie volgens Johannes, is dit onseker of die briewe aan die apostel Johannes in Efese verbind kan word.
Datering
Bybelskenners is van mening dat die briewe van Johannes ná die Evangelie volgens Johannes geskryf is, omstreeks 100 n.C.
Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: