Bible Society of South Africa

2 Petrus: Struktuur

Die tweede brief van Petrus word toegeskryf aan die apostel Petrus. Hierdie brief toon baie ooreenkomste met die brief van Judas.

Opsomming van die inhoud

Die raamwerk van die brief (2 Petrus 1:1-3; 2 Petrus 3:17-18) bevat sulke standaardelemente soos ’n inleiding en ’n groeteboodskap.
Daarby fokus dit op twee sleutelgedagtes: die sentrale belangrikheid van Jesus as Verlosser, en die aanmoediging om in die geloof te volhard. Die middelste deel van die brief wei uit oor die redes waarom hierdie volharding nodig is, wat nodig is om te volhard en waarheen dit sal lei.

Struktuur

 1:1-2  Afsenders, geadresseerdes en groeteboodskap
 1:3-11  Lewe soos God van julle verwag
 1:12-21  Petrus is ’n goeie leermeester
 2:1-22  Vals leraars word gestraf
 3:1-13   Die Here kom weer
 3:14-18   Afsluiting van die brief
hand-swipe-horizontalSwiep om al die data te sien

 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS