Bible Society of South Africa

2 Timoteus: Beoogde lesers

Die tweede brief aan Timoteus is een van die “pastorale briewe”. Volgens die inleiding is hierdie briewe gerig aan Paulus se nabye medewerkers: Timoteus en Titus. Maar hierdie briewe het altyd ’n geslag leermeesters ná Paulus in die oog. Dit word duidelik uit die sake waaraan aandag gegee word in die briewe.

Raad aan die leiers van die gemeenskappe

Hierdie leermeesters bied leierskap aan die gemeenskappe, maar hulle kan nie (langer) vir raad vra van Paulus en sy medewerkers nie. Daar word duidelike riglyne aan hulle verskaf in die pastorale briewe. Die waarskuwings en raad aan Timoteus en Titus wat baie persoonlik klink, is in werklikheid opdragte aan hulle 1 Timoteus 4:11-16; 2 Timoteus 3:14-17; Titus 2:7-8).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS