Bible Society of South Africa

2 Timoteus

Die tweede brief aan Timoteus word toegeskryf aan die apostel Paulus en is gerig aan sy medewerker, Timoteus. Dit is onbekend wanneer en deur wie hierdie brief geskryf is. Die brief gee opdragte aan die leiers van die Christelike gemeenskap. Die eerste en tweede brief aan Timoteus, staan saam met die brief aan Titus bekend as die “pastorale briewe”.

Tema

In die pastorale briewe is daar teenkanting teen die “vals leermeesters”. In sommige gevalle word verwys na voormalige volgelinge van Paulus. Hulle word dikwels voorgehou as direkte opponente van die ware volgelinge van Paulus. Albei groepe was waarskynlik besig om ’n eenvoudige weergawe van Paulus se onderrig te verkondig, alhoewel die briewe nie volledige inligting hieroor verskaf nie.
Die briewe som skynbaar Paulus se onderrig op. ’n Belangrike deel hiervan is die riglyne vir gedrag in die gemeentelike- en alledaagse lewe.
Die pastorale briewe is die mees konserwatiewe tekste in die Nuwe Testament. Daarom word mense in ondergeskikte posisies, soos kinders, vroue en slawe, aangemoedig om gehoorsaam te wees. En gelowiges word opgeroep om só te lewe dat niemand aanstoot aan hulle kan neem nie.
Die konserwatiewe toon van hierdie briewe het waarskynlik te make met die spanning wat hulle anderse optrede onder gemeenskappe rondom hulle veroorsaak het.

Genre

2 Timoteus is ’n brief wat reëls vir die lewe in die gemeente en gemeenskap neerlê. Dit is ʼn geestelike testament in die vorm van ʼn brief.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS