Bible Society of South Africa

1 Korintiërs: Struktuur

Die eerste brief aan die Korintiërs is die tweede langste brief van Paulus. Die heel belangrikste onderwerp in die brief is die verdeeldheid in die gemeente.

Inhoud in kort

Soos al die briewe van Paulus, begin 1 Korintiërs deur aan te dui wie die afsenders is, aan wie dit gestuur is, ʼn groeteboodskap en ʼn dankbetuiging. Die eintlike brief bestaan uit twee gedeeltes:
In die eerste, korter gedeelte (1 Korintiërs 1:10 – 4:21), poog Paulus om die Korintiërs te oortuig dat hy werklik ʼn apostel van Jesus is. Hy sê ook dat hulle hulle verdeeldheid moet beëindig deur te lewe in ooreenstemming met die manier wat Jesus verkondig het.
In die tweede, langer gedeelte (1 Korintiërs 5:1 – 15:58), hanteer Paulus baie konkrete probleme, wat die gebrek aan eensgesindheid in die gemeente insluit. Hierna sluit Paulus af met ʼn aantal praktiese sake (1 Korintiërs 16:1-24).

Struktuur

 1:1-9  Begin van die brief
 1:10 – 4:21   Verdeeldheid moet ophou
 5:1 – 15:58  Bespreking van praktiese probleme
 16:1-24   Einde van die brief
hand-swipe-horizontalSwiep om al die data te sien

 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS