Bible Society of South Africa

1 Tessalonisense: Struktuur

Die eerste brief aan die Tessalonisense vertoon nie ʼn baie vaste struktuur nie. Die styl is heel spontaan en min afgerond.

Inhoud in kort

Soos die meeste ander antieke briewe begin 1 Tessalonisense volgens ʼn vaste patroon, deur die afsender te vermeld, diegene aan wie dit gerig is, ʼn groeteboodskap en danksegging aan God of die gode vir diegene wat die brief ontvang. 1 Tessalonisense 1:1 sluit die afsenders, die geadresseerdes en die groeteboodskap (“Genade en vrede vir julle”) in.
Die danksegging volg in 1 Tessalonisense 1:2 – 3:13 en is, sover ons weet, die langste wat Paulus ooit geskryf het.
1 Tessalonisense 4:1 – 5:24 bevat die middelste gedeelte, waarin die drie hooftemas van die brief aangespreek word. Hierdie onderwerpe word duidelik van mekaar onderskei deur die woord “oor” (sien 1 Tessalonisense 4:9; 1 Tessalonisense 4:13; 1 Tessalonisense 5:1). Die brief eindig in 1 Tessalonisense 5:25-28 met finale groeteboodskappe.

Struktuur

 1:1  Afsenders, geadresseerdes en groeteboodskap
 1:2 – 3:13  Danksegging
 4:1-12  Liefde in die gemeente
 4:13-18  Die toestand van gelowiges wat ontslaap het
 5:1-24  Die tydstip waarop die Here terugkom
 5:25-28  Slot
hand-swipe-horizontalSwiep om al die data te sien

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS