Bible Society of South Africa

Belastinggaarder

ʼn Belastinggaarder of tollenaar was iemand wat belasting namens die Romeinse owerheid ingesamel het. In die tyd van die Nuwe Testament is daar op tollenaars neergesien omdat hulle met die Romeine geheul het. Boonop het hulle dikwels vir méér geld gevra as wat hulle moes.

Die verkoop van die regte om belastings te hef

In ʼn Romeinse streek is baie verskillende soorte belasting gehef, wat markte, grensposte en brûe insluit. In Judea en Galilea is die belastingregte waarskynlik aan die hoogste bieër verkoop. Dieselfde het, byvoorbeeld, met visvangregte gebeur.


Die persoon wat die belasting hef, kon op sy beurt weer sy eie gaarders aanstel wat aan hom ʼn sekere fooi betaal het om belasting te kan hef. Dit kan die verskil verklaar tussen die hooftollenaar (Lukas 19:2) en die gewone tollenaars.

Slegte beeld

Daar was waarskynlik ʼn sisteem van vasgestelde belastingkoerse, maar hierdie sisteem het geleenthede geskep vir bedrog. ʼn Tollenaar kon eenvoudig ʼn ekstra bedrag bo en behalwe die standaardkoers hef. Dit is daarom nie vreemd dat die tollenaars as niks beter as rowers en diewe beskou is nie (Lukas 18:11).


Tollenaars het boonop vir die Romeinse verdrukkers gewerk en as gevolg van hul werk het hulle heel dikwels met nie-Joodse mense in aanraking gekom. Daarom is hulle met onreinheid geassosieer. Vroom Jode, soos die Fariseërs, het op hulle neergesien.



 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS