Bible Society of South Africa

Boetes

Wanneer iemand ʼn misdaad gepleeg het, kon die straf uit ʼn boete of vergoeding bestaan het. Hierdie boete is aan (ʼn familielid van) die slagoffer betaal.

Betaling van ʼn boete

Daar was verskeie redes waarom mense in die Ou Testament boetes moes betaal. Dit is byvoorbeeld ʼn vereiste wanneer:

  • ʼn swanger vrou haar kind verloor in ʼn geveg tussen twee mans. Haar man het die bedrag van die boete vasgestel (Eksodus 21:22);
  • ʼn meisie ten onregte daarvan beskuldig is dat sy nie ʼn maagd voor haar troue is nie (Deuteronomium 22:13-19);
  • ʼn man ʼn meisie gedwing het om seks te hê voor sy getroud is. Die man moes dan ook met die meisie trou (Deuteronomium 22:28-29);
  • iemand heiligskennis gepleeg het deur iets wat aan God behoort, te neem. In daardie geval moes hy ook ʼn offer bring om te vergoed vir dit wat hy verkeerd gedoen het (Levitikus 5:15-17).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS