Bible Society of South Africa

Doodsvonnis

Die swaarste straf wat opgelê kon word, was die doodsvonnis.

Maniere waarop die doodsvonnis voltrek is

ʼn Doodsvonnis kon voltrek word deur:

  • steniging. Dit was die algemeenste manier in die Ou Testament om iemand tereg te stel. Selfs ʼn doodsvonnis wat deur die Sanhedrin opgelê is, is deur steniging voltrek.
  • ophang. In die Ou Testament is mense gehang as vorm van straf (Josua 8:29) of ná hulle teregstelling (Deuterononium 21:22-23).
  • verbranding. Dit was die straf vir die dogter van ʼn priester wat haar liggaam as prostituut verkoop het (Levitikus 21:9), of vir ʼn man wat met beide ʼn vrou en haar dogter getrou het (Levitikus 20:14).
  • onthoofding. ʼn Doodsvonnis kon voltrek word deur onthoofding. Die bekendste geval hiervan is dalk Johannes die Doper, wat deur Herodes laat onthoof is, (sien Matteus 14:1-12).
  • kruisiging. Dit is die bekendste soort doodstraf in die Nuwe Testament. Slegs die Romeine kon nie-Romeine tot die kruisdood vonnis. 

Aflos van die doodsvonnis

Iemand wat ter dood veroordeel is, kon ʼn bedrag geld betaal om die doodsvonnis vry te spring, tensy hy iemand anders doodgemaak het (Numeri 35:31).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS