PSALM 8
Wat is die mens?
1VIR die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Dawid.
2o Here, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele.
3Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak.
4As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het —
5wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?
6U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.
7U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:
8skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld,
9die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see.
10o Here, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!
Bybel in Afrikaans 1933/1953-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2012. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.
Bybel in Afrikaans 1933/1953-vertaling met Deuterokanonieke Boeke
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953, 1965. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2015. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.