1MAAR toe Jósafat, die koning van Juda, behoue na sy huis in Jerusalem terugkom,
2het die siener Jehu, die seun van Hanáni, uitgegaan hom tegemoet, en aan koning Jósafat gesê: Moet 'n mens die goddelose help, en het u lief die wat die Here haat? Daarom kom daar nou 'n toorn op u van die Here.
3Tog is daar goeie dinge by u gevind, want u het die heilige boomstamme uit die land uitgeroei en u hart daarop gerig om God te soek.
4En Jósafat het in Jerusalem gewoon, en hy het weer uitgegaan onder die volk, van Berséba af tot by die gebergte van Efraim, en hulle laat terugkeer tot die Here, die God van hulle vaders.
5En hy het regters aangestel in die land, in al die versterkte stede van Juda, in elke stad.
6En hy het aan die regters gesê: Kyk wat julle doen, want julle spreek nie reg vir die mens nie, maar vir die Here; en Hy is by julle in die regspraak.
7Mag die skrik vir die Here dan nou op julle wees; handel nougeset, want by die Here onse God is geen onreg of partydigheid of aanneming van geskenke nie.
8En ook in Jerusalem het Jósafat sommige van die Leviete en van die priesters en van die familiehoofde uit Israel aangestel vir die gereg van die Here en vir regsake. En hulle het in Jerusalem teruggekom.
9En hy het hulle bevel gegee en gesê: So moet julle handel in die vrees van die Here, met getrouheid en met 'n volkome hart.
10En by al die regsake wat voor julle kom vanweë julle broers wat in hulle stede woon, oor moord, oor wette en gebooie en insettinge en verordeninge, moet julle hulle waarsku, sodat hulle hul nie skuldig maak teen die Here en 'n toorn oor julle en oor julle broers kom nie; so moet julle handel, dat julle jul nie skuldig maak nie.
11En kyk, Amárja, die hoofpriester, is oor julle vir enige saak van die Here, en Sebádja, die seun van Ismael, die bevelhebber van die huis van Juda, vir enige saak van die koning, en as opsigters staan die Leviete tot julle beskikking; julle moet sterk wees en dit doen. En mag die Here met die goeies wees!