Julle kan kies: Wil julle lewe of wil julle sterf
1Jeremia het gehoor die Here praat met hom. Dit het gebeur toe koning Sedekia vir Pasgur seun van Malkija en vir die priester Sefanja seun van Maäseja na Jeremia toe gestuur het. Hulle het vir Jeremia gesê: 2“Jy moet asseblief vir die Here vra wat ons moet doen, want koning Nebukadnesar van Babel maak oorlog teen ons. Miskien wil die Here weer 'n wonderwerk doen soos Hy altyd gedoen het, en dan sal die koning van Babel weggaan van ons.”
3Jeremia het vir hulle gesê: 4“Julle moet vir Sedekia sê die Here, die God van Israel, sê: Julle maak nou oorlog teen die koning van Babel en die Galdeërs wat buite rondom die stad is, maar Ek sal nou julle spiese en pyle waarmee julle oorlog maak, omdraai teen julleself, en Ek sal die vyande binne-in hierdie stad laat kom. 5Ek sal self teen julle oorlog maak en julle straf, want Ek is kwaad, baie kwaad. 6Ek sal almal in die stad, die mense en die diere, laat sterf van 'n groot pes. 7En daarna sal Ek koning Sedekia van Juda en sy amptenare gee vir koning Nebukadnesar van Babel, Ek sal ook vir Nebukadnesar die mense gee wat nie gesterf het van pes en oorlog en honger nie. Ek sal hulle gee vir hulle vyande wat hulle wil doodmaak. Die vyande sal hierdie mense doodmaak, hulle sal nie jammer wees vir hulle nie, hulle sal nie een laat lewe nie. 8En, Jeremia, jy moet vir hierdie volk sê: Julle kan kies of julle wil lewe en of julle wil sterf. 9Almal wat in hierdie stad bly, sal sterf. Die vyande sal julle doodmaak of julle sal sterf van pes of van honger. Maar elkeen wat uit die stad gaan en na die Galdeërs toe gaan wat rondom die stad is, hy sal aanhou lewe. Hy sal niks anders hê nie, maar hy sal lewe. 10Ja, Ek het hierdie stad se vyand geword. Ek sal dit sleg laat gaan met julle, Ek sal dit nie goed laat gaan nie. Ek gee die stad vir die koning van Babel, en hy sal die stad verbrand.”
Die Here sal die familie van die koning straf
11Die Here het vir Jeremia gesê hy moet vir die familie van die koning van Juda sê:
“Julle moet luister na wat die Here sê.
12Die Here sê vir die nageslag van Dawid:
Julle moet elke oggend reg doen aan mense.
Mense vat ander mense se goed en laat hulle swaarkry,
maar julle moet die mense help wat swaarkry.
As julle dit nie doen nie, dan sal Ek baie kwaad word.
Dit sal wees soos 'n vuur wat aanhou brand.
Niemand sal die vuur doodmaak nie,
want julle doen baie slegte dinge.
13Die Here sê vir julle wat buite die stad woon,
op die rots bokant die gelyk grond:
Julle dink julle is veilig daar en julle is nie bang nie,
maar Ek is julle vyand.
14Ek sal julle straf oor die dinge wat julle doen,
Ek sal julle paleis aan die brand steek,
en alles rondom die paleis sal brand.”