Die oorlog teen die Benjamin-mense
1Die Israeliete het toe 'n volksvergadering gehou by die tempel in Mispa. Hulle het gekom uit al die plekke in die land, van Dan in die noorde tot Berseba in die suide, en uit die land Gilead. 2Al die leiers van die volk van God, van al die stamme van Israel, het na die volksvergadering gekom. Daar was 400 000 manne wat met swaarde kon oorlog maak. 3Die Benjamin-mense het gehoor die Israeliete het in Mispa bymekaargekom. Die Israeliete in die vergadering het gesê: “Julle moet praat. Hoe het hierdie slegte ding gebeur?”
4Die Leviet, die man van die vrou wat vermoor is, het toe geantwoord. Hy het gesê: “Ek en my byvrou het in Gibea gekom, 'n stad wat aan die Benjamin-stam behoort. Ons wou daar slaap. 5Maar die manne van Gibea het slegte dinge gedoen aan my. Hulle het in die nag rondom die huis kom staan. Hulle wou my vermoor, en hulle het my byvrou verkrag tot sy dood is. 6Ek het toe my byvrou se liggaam in stukke gesny en ek het die stukke deur die hele land Israel gestuur. Ek wou hê almal moet weet die manne van Gibea het 'n slegte ding gedoen, iets waaroor al die Israeliete hulle moet skaam. 7Nou moet julle almal besluit en sê wat ons moet doen.”
8Toe staan almal in die vergadering saam op en hulle sê: “Niemand van ons sal teruggaan huis toe nie. 9Ons weet wat ons sal doen, ons sal lootjies trek om uit te vind wie moet die mense van Gibea gaan straf. 10Ons sal een tiende van die manne van elke stam van Israel stuur om padkos te gaan haal, en wanneer hulle terugkom, sal ons die mense van Gibea in die land Benjamin straf oor die lelike ding wat hulle gedoen het in die land Israel.”
11Die manne van Israel het almal bymekaargekom om teen die stad Gibea oorlog te maak. 12Maar hulle het eers boodskappers gestuur na al die families in die land Benjamin en gesê: “Daar het 'n slegte ding by julle gebeur. 13Julle moet nou daardie slegte mense bring wat in Gibea is, sodat ons hulle kan doodmaak. Ons moet hierdie slegte ding wegvat uit die land Israel.”
Maar die Benjamin-mense wou nie luister na die ander Israeliete nie. 14Die Benjamin-mense het uit al die stede by Gibea bymekaargekom om teen die ander Israeliete oorlog te maak. 15Die Benjamin-mense het 26 000 manne gehad wat kon oorlog maak, en hulle het nog 700 manne gekies uit die mense van Gibea. 16Van daardie manne was 700 links, maar hulle kon baie goed gooi met 'n slingervel. Hulle kon 'n haar raakgooi, hulle het nie misgegooi nie. 17Die ander Israeliete het 400 000 manne gehad wat kon oorlog maak, almal was goeie soldate. 18Hulle het gereedgemaak en na Bet-El gegaan om vir God te vra wie eerste moet begin oorlog maak teen die Benjamin-mense. Die Here het gesê: “Die Juda-stam moet eerste gaan.”
19Die Israeliete het die oggend gereedgemaak en hulle het hulle tente opgeslaan by Gibea. 20Die manne van die Israeliete het uit die kamp gegaan en hulle het gereedgestaan om teen die mense van Gibea oorlog te maak. 21Maar toe kom die Benjamin-mense uit Gibea en hulle maak daardie dag 22 000 manne van die Israeliete dood. 22Die manne van die Israeliete was dapper. Hulle het weer gaan gereedstaan op die plek waar hulle die eerste dag gestaan het. 23Maar die Israeliete het eers weer na die tempel in Bet-El gegaan en hulle het daar tot die aand voor die Here gesit en huil. Hulle het vir die Here gevra of hulle weer oorlog moet gaan maak teen hulle broers, die Benjamin-mense, en die Here het gesê: “Ja, julle moet teen hulle gaan oorlog maak.”
24Maar toe die Israeliete die tweede dag nader gaan om oorlog te maak, 25het die Benjamin-mense weer uit Gibea gekom en hulle het daardie dag nog 18 000 manne van die Israeliete doodgemaak. 26Al die Israeliete, al die manne, het weer na Bet-El gegaan en hulle het daar by die tempel gaan sit en huil. Hulle het die hele dag gevas en hulle het brand-offers en ete-offers vir die Here gebring. 27-28Die kis van die Here was in daardie tyd in Bet-El, en Pinehas was in daardie tyd die priester by die kis. Pinehas was van die nageslag van Eleaser seun van Aäron. Die Israeliete het vir die Here gevra: “Moet ons weer gaan oorlog maak teen ons broers, die Benjamin-mense, of moet ons ophou?”
Die Here het geantwoord: “Ja, julle moet gaan, want môre sal Ek julle laat wen teen hulle.”
29Die Israeliete het eers vir party van hulle manne gesê hulle moet naby Gibea gaan wegkruip sodat die Benjamin-mense hulle nie kan sien nie. 30Die Israeliete het toe op die derde dag weer gereedgemaak om oorlog te maak teen die Benjamin-mense. Die Israeliete het soos voorheen gereedgestaan om Gibea aan te val, 31en die Benjamin-mense het uit die stad na hulle toe gekom. Die Benjamin-mense het verder en verder van die stad gegaan en hulle het begin om Israeliete dood te maak soos voorheen. Hulle het omtrent 30 manne van die Israeliete doodgemaak in die veld langs die pad tussen Gibea en Bet-El. 32Die Benjamin-mense het gedink hulle het die Israeliete oorwin soos voorheen, maar die Israeliete het gesê: “Kom ons vlug, dan sal die Benjamin-mense op die paaie ver van die stad moet kom.”
33Die manne van die Israeliete het toe weggegaan van hulle plekke en hulle het by die stad Baäl-Tamar gaan wag. Die ander manne wat weggekruip het wes van Gibea, het ook uit hulle plekke opgespring, 34en 10 000 van die beste manne van die Israeliete het tot by Gibea gekom. Hulle het almal hard geveg, maar die Benjamin-mense het nog nie geweet hoe sleg dit met hulle sal gaan nie. 35Die Here het die Israeliete laat wen, en hulle het daardie dag 25 100 van die Benjamin-mense doodgemaak. 36Toe het die Benjamin-mense gesien hulle het die oorlog verloor. Dit is wat gebeur het: Die manne van die Israeliete het weggevlug van die Benjamin-mense, want die Israeliete het geweet wat die manne sal doen wat hulle by Gibea laat wegkruip het. 37Daardie manne het vinnig in Gibea ingehardloop en hulle het al die mense in die stad doodgemaak. 38Hulle het vir die ander Israeliete gesê hulle sal 'n vuur maak in die stad, 39en wanneer die Israeliete die rook sien, dan moet hulle omdraai en begin veg. Die Benjamin-mense het begin om die Israeliete dood te maak, omtrent 30 manne, en hulle het gedink hulle het weer die oorlog gewen soos voorheen. 40Maar toe begin die rook uit die stad opgaan, en toe die Benjamin-mense omkyk, het hulle gesien die hele stad is aan die brand. 41En toe draai die Israeliete om, en die Benjamin-mense het baie bang geword, want hulle het besef hulle verloor. 42Hulle het op die woestynpad probeer wegvlug van die Israeliete, maar die Israeliete het aangehou om hulle dood te maak. Ander manne het uit die stede gekom en hulle het ook die Benjamin-mense aangeval. 43Daar was Israeliete voor en agter die Benjamin-mense, en hulle het aangehou om die Benjamin-mense dood te maak oos van Gibea. Daar was nie tyd om te rus nie. 44Die Israeliete het daar 18 000 van Benjamin se manne doodgemaak, almal dapper manne. 45Die ander Benjamin-mense het na die woestyn gevlug, na die Rimmon-rots, maar terwyl hulle gevlug het, het die Israeliete nog 5 000 manne van Benjamin doodgemaak, en tot by Gidom nog 2 000. 46Daardie dag het 25 000 van Benjamin se manne gesterf. 47Net 600 het tot by die Rimmon-rots gevlug, en hulle het vier maande daar gebly. 48Die manne van Israel het omgedraai en hulle het in al die stede die ander Benjamin-mense begin doodmaak, mense en diere, en hulle het alles in die stede verbrand.