PSALM 130
Uit die dieptes.
1'n BEDEVAARTSLIED.
Uit die dieptes roep ek U aan, o Here!
2Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge.
3As U, Here, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan?
4Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word.
5Ek wag op die Here; my siel wag, en ek hoop op sy woord.
6My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre.
7Wag op die Here, o Israel! want by die Here is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;
8en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.
Bybel in Afrikaans 1933/1953-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2012. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.
Bybel in Afrikaans 1933/1953-vertaling met Deuterokanonieke Boeke
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953, 1965. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2015. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.