Matteus 1
Geslagsregister van Jesus
1Die geslagsregister van Jesus Christus, die •Seun van Dawid, die Seun van Abraham:
2Abraham het Isak verwek,
Jakob het Juda en sy broers verwek,
3Juda het Peres en Serag by Tamar verwek,
4Ram het Amminadab verwek,
Amminadab het Nagson verwek,
Nagson het Salmon verwek,
5Salmon het Boas by Ragab verwek,
Boas het Obed by Rut verwek,
6en Isai het Dawid, die koning, verwek.
Dawid het Salomo by die vrou
7Salomo het Rehabeam verwek,
Rehabeam het Abia verwek,
Josafat het Joram verwek,
10Hiskia het Manasse verwek,
11en in die tyd van die wegvoering na Babilon
het Josia Jojagin en sy broers verwek.
12Ná die wegvoering na Babilon
het Jojagin Sealtiël verwek,
Sealtiël het Serubbabel verwek,
13Serubbabel het Abihud verwek,
Abihud het Eljakim verwek,
15Elihud het Eleasar verwek,
Eleasar het Mattan verwek,
16en Jakob het Josef verwek,
uit wie Jesus, wat bekend staan
17Al die geslagte dan van Abraham
en van die wegvoering na Babilon
Geboorte van Jesus Christus
18Die geboorte van Jesus Christus het só gebeur. Toe Maria, sy moeder, reeds aan Josef verloof was, maar nog voordat hulle gemeenskap gehad het, het dit geblyk dat sy swanger geraak het uit die Heilige Gees. 19Omdat Josef, haar man, wetsgetrou was maar haar nie in die openbaar wou verneder nie, het hy besluit om in die geheim van haar te skei. 20Terwyl hy daaroor nagedink het, het daar skielik 'n engel van die Here in 'n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef, seun van Dawid, moenie bang wees om Maria as jou vrou by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees. 21Sy sal geboorte gee aan 'n seun, en jy moet Hom Jesus noem, want Hy sal sy volk van hulle sondes verlos.” 22Dit het alles gebeur sodat wat die Here deur die profeet gesê het, vervul kon word:
23“Kyk, die maagd sal swanger word
en 'n seun in die wêreld bring,
en hulle sal Hom Immanuel noem” –
wat, as dit vertaal word, beteken ‘God is met ons.’
24Toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het en haar as sy vrou by hom geneem. 25Hy het nie met haar gemeenskap gehad totdat sy aan 'n seun geboorte gegee het nie. En hy het Hom Jesus genoem.
Bybel in Afrikaans 2020-vertaling met hoofletters © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.