Ester 10
Verering van Mordegai
1Koning Ahasveros het belasting ingestel in die hele land en die eilande van die see. 2Is al sy groot en magtige dade, tesame met 'n noukeurige verslag van die grootheid van Mordegai wat deur die koning vereer is, nie opgeteken in die boekrol met die kronieke van die konings van Medië en Persië nie? 3Want Mordegai, die Jood, was tweede in bevel onder koning Ahasveros, hoog in aansien onder die Jode en gewild onder baie van sy volksgenote. Hy het hom beywer vir die welvaart van sy volk en ingetree vir die voorspoed van sy hele nageslag.
Bybel in Afrikaans 2020-vertaling met hoofletters © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.