1 Kronieke 2
Nageslag van Israel en Juda
1Dit was Israel se seuns:
Ruben, Simeon, Levi en Juda;
3Juda se seuns was Er, Onan en Sela; hierdie drie is vir hom gebore uit Bat-Sua, 'n Kanaänitiese vrou. Er, die eersgeborene van Juda, het hom sleg gedra in die oë van die Here, en Hy het hom laat sterf. 4Tamar, sy skoondogter, het vir hom Peres en Serag in die wêreld gebring. Juda het altesaam vyf seuns gehad.
5Peres se seuns was Gesron en Gamul;
6Serag se seuns was Simri, Etan, Heman, Kalkol en Dara – altesaam vyf.
7Karmi se seun was Agar, deur wie Israel in die ongeluk gestort is, omdat hy ontrou was met die bangoed.
8Etan se seun was Asarja.
9Die seuns wat vir Gesron gebore is, was Jeragmeël, Ram en Kaleb.
10Ram het Amminadab verwek, en Amminadab het Nagson, die stamleier van die nageslag van Juda, verwek. 11Nagson het Salma verwek, en Salma het Boas verwek. 12Boas het Obed verwek, en Obed het Isai verwek.
13Isai het Eliab, sy eersgeborene, verwek,
daarna Abinadab, die tweede,
16Hulle susters was Seruja en Abigajil.
Seruja se seuns was Abisai, Joab en Asael, hulle drie.
17Abigajil het aan Amasa geboorte gegee. Amasa se vader was Jeter, die Ismaeliet.
18Kaleb, seun van Gesron, het Jeriot verwek by Asuba, sy vrou. Dit was haar seuns: Jeser, Sobab en Ardon. 19Toe Asuba sterf, het Kaleb vir hom Efrata as vrou geneem, en sy het Gur vir hom in die wêreld gebring. 20Gur het Uri verwek, en Uri het Besaleël verwek.
21Later het Gesron met die dogter van Magir, die vader van Gilead, omgang gehad. Hy het haar as vrou geneem toe hy sestig jaar oud was. Sy het vir hom Segub in die wêreld gebring. 22Segub het Jaïr verwek. Hy het drie-en-twintig dorpe in die Gileadstreek besit. 23Gesur en Aram het egter Gawwoot-Jaïr van hulle afgeneem, asook Kenat en die omliggende dorpies – sestig dorpe. Hulle almal was die nageslag van Magir, die vader van Gilead.
24Ná Gesron se dood in Kaleb-Efrata het Abia, Gesron se vrou, vir hom Asgur, die stigter van Tekoa, in die wêreld gebring.
25Die seuns van Jeragmeël, Gesron se eersgeborene, was Ram, die eersgeborene, Buna, Oren en Osem by Agija. 26Jeragmeël het nog 'n ander vrou gehad; haar naam was Atara. Sy was die moeder van Onam.
27Die seuns van Ram, Jeragmeël se eersgeborene, was Maäs, Jamin en Eker.
28Onam se seuns was Sammai en Jada.
Sammai se seuns was Nadab en Abisur.
29Die naam van Abisur se vrou was Abihajil. Sy het vir hom Agban en Molid in die wêreld gebring.
30Nadab se seuns was Seled en Appajim. Seled het kinderloos gesterf.
31Appajim se nageslag was Jisi
en Jisi se nageslag was Sesan,
en Sesan se nageslag was Aglai.
32Jada, broer van Sammai, se seuns was Jeter en Jonatan. Jeter het kinderloos gesterf.
33Jonatan se seuns was Pelet en Sasa.
Dit was die nageslag van Jeragmeël.
34Sesan het nie seuns gehad nie, maar wel dogters. Sesan het 'n Egiptiese slaaf met die naam Jarga gehad. 35Sesan het toe sy dogter vir sy slaaf Jarga as vrou gegee. Sy het Attai vir hom in die wêreld gebring.
36Attai het Natan verwek,
37Sabad het Eflal verwek,
39Asarja het Geles verwek,
40Elasa het Sismai verwek,
Sismai het Sallum verwek,
41Sallum het Jekamja verwek,
Jekamja het Elisama verwek.
42Die nageslag van Kaleb, die broer van Jeragmeël, was Mesa, sy eersgeborene; hy was die stigter van •Sif; die nageslag van Maresa was die stigters van Hebron.
43Die nageslag van Hebron was Korag, Tappuag, Rekem en Sema. 44Sema het Ragam verwek, die vader van Jorkoam. Rekem het Sammai verwek. 45Sammai se seun was Maon, en Maon was die stigter van Bet-Sur.
46Efa, byvrou van Kaleb, het Garan, Mosa en Gases in die wêreld gebring. Garan het Gases verwek.
47Die nageslag van Jodai was Regem, Jotam, Gesan, Pelet, Efa en Saäf.
48Maäga, byvrou van Kaleb, het Seber en Tirgana in die wêreld gebring. 49Sy het ook vir Saäf, die vader van Madmanna, en vir Sewa, die vader van Magbena en Giba, in die wêreld gebring. Kaleb se dogter was Agsa.
50Dit was Kaleb se nageslag.
Die seuns van Gur, die eersgeborene van Efrata, was Sobal, die stigter van Kirjat-Jearim; 51Salma, die stigter van Betlehem; Garef, die stigter van Bet-Gader.
52Die nageslag van Sobal, die stigter van Kirjat-Jearim, was Haroë, die helfte van die mense van Managat, 53en die volgende familiegroepe van Kirjat-Jearim: die mense uit Jeter, Put, Suma en Misra. Uit hulle het die mense van Sora en Estaol voortgekom.
54Die nageslag van Salma was die mense van Betlehem, Netofa, Atrot-Bet-Joab, die helfte van die mense van Managat en Sora, 55en die volgende skrywerfamilies wat in Jabes gewoon het: die mense van Tira, Sema en Suga. Hulle is die Keniete wat van Gamma, die stigter van die Regab-beweging, afstam.
Bybel in Afrikaans 2020-vertaling met hoofletters © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.